Newton se bewegingswette vorm die grondslag van klassieke meganika en help ons om die beweging van voorwerpe te verstaan. Hierdie wette beskryf hoe kragte beweging beïnvloed en hoe voorwerpe met mekaar in wisselwerking tree. Die beginsels word daagliks in situasies soos motors, sport, hysbakke en ruimtevaart toegepas.
Newton se bewegingswette vorm ook ʼn belangrike basis vir Graad 12 hoofstukke. Hoofstukke soos Momentum en impuls asook Arbeid, energie en drywing maak gebruik van Newton se wette.
Newton se eerste wet staan bekend as die wet van traagheid. Dit beskryf dat ’n voorwerp in rus sal bly, of teen ’n konstante snelheid in ’n reguit lyn sal beweeg, tensy ’n netto krag daarop inwerk.
Met ander woorde, ʼn netto krag is nodig om ʼn verandering in beweging te veroorsaak. Indien geen netto krag teenwoordig is nie, sal die toestand van beweging onveranderd bly. Traagheid verwys na ’n voorwerp se weerstand teen verandering in beweging. Hoe groter die massa van die voorwerp, hoe groter is die traagheid.
Voorbeeld:
Wanneer ’n motor skielik stop, beweeg passasiers vorentoe. Hulle liggame wil
aanhou beweeg omdat hul beweging nie onmiddellik verander nie.
Belangrike verwantskappe:
Moontlike vrae:
Die tweede wet beskryf die verband tussen netto krag, massa en versnelling van ʼn voorwerp. Volgens hierdie wet is die versnelling van ’n voorwerp direk eweredig aan die netto krag en omgekeerd eweredig aan die massa.
Die formule vir Newton se tweede wet is:
Fnet = ma
Waar:
Hierdie wet toon dat ’n groter krag ’n groter versnelling veroorsaak, terwyl ’n groter massa moeiliker versnel. Indien dieselfde krag op twee verskillende massas inwerk, sal die voorwerp met die kleiner massa vinniger versnel.
Voorbeeld:
’n Leë inkopietrollie versnel makliker as ’n vol trollie wanneer dieselfde krag
toegepas word.
Belangrike verwantskappe:
Vryliggaamdiagramme is baie belangrik omdat dit alle kragte op ’n voorwerp uitgeoefen word, aandui. Hierdie diagram word gebruik om berekeninge vanaf te doen.
Moontlike vrae:
Newton se derde wet handel oor die interaksie tussen twee voorwerpe. Die wet stel dat wanneer een voorwerp ’n krag op ’n ander voorwerp uitoefen, die tweede voorwerp ’n ewe groot krag maar teenoorgestelde rigting op die eerste voorwerp uitoefen.
Hierdie kragte staan bekend as aksie- en reaksiekragte.
Die verwantskap kan soos volg voorgestel word:
FAB = −FBA
Dit beteken:
Voorbeeld:
Wanneer ’n persoon teen ’n muur druk, druk die muur met ’n ewe groot krag terug
teen die persoon.
Nog ’n voorbeeld is vuurpyle. Warm gasse word agtertoe uitgestoot, wat veroorsaak dat die vuurpyl vorentoe beweeg.
Belangrike verwantskappe:
Moontlike vrae:
Newton se bewegingswette verduidelik hoe kragte beweging beïnvloed en hoe voorwerpe met mekaar reageer. Die eerste wet fokus op traagheid, die tweede wet beskryf die verband tussen krag en versnelling, en die derde wet verduidelik aksie- en reaksiekragte. Hierdie wette speel ’n belangrike rol in Fisika en word gebruik om talle praktiese situasies in die werklike wêreld te verstaan.